“Na n epiese tog van 8,902 seemyl het die vlieeniers wat vroeer vandeesmaand in Suid-Afrika met drie plaaslik geboude Sling High Wing-vliegtuie na Oshkosh vertrek het, vandeesweek in Wisconsin in die VSA aangekom. Die drie Vlieeniers en hul bemanningslede het op 17 Julie by Lanseria opgestyg en daarna in verskillende bene na Luanda in Angola, daarna na Accra in Ghana en toe na Praia in Kaap Verde gevlieg. Van daar af het n reuseskof van 14 uur oor die Atlantiese Oseaan na Barbados gevolg.”
– Christel Cornelissen (Maroela Media)